Boodskap vir Vandag

Search

Geregtigheid

Lees Psalm 59:12-18.

Vernietig hulle in u toorn, wis hulle heeltemal uit. Dan sal almal weet dat God oor sy volk Jakob en oor die hele aarde regeer (v 14).

Here, hulle sê sigbare geregtigheid is ware geregtigheid;
’n galg op die stadsplein is grondige troos.
Ek dink hierdie siening het meriete. Wie sien, sal glo.

En wie glo dat geregtigheid uiteindelik seëvier,
sal nie vergeet om dié aanskoulike geloof
geesdriftig aan ’n nuwe geslag oor te dra nie.
Miskien, Here, is dit daarom nie so sleg
dat U die boosdoeners vir eers verdra nie.
Ja, sien hul bose dade voorlopig deur die vingers;
gee hulle skiet, dalk hang hulle hulleself op.

Intussen sal ons die skare op die plein byeenroep:
“Kom! Kom kyk! Kom sien God se reg in aksie!”

Here, en ek dink U kan U dan maar klaarmaak
vir ’n oorweldigende reaksie. Mense wat honger
en dors na geregtigheid sal voel dat hul nood
raakgesien en hul behoeftes erken is. Landwyd,
nee, wêreldwyd is daar ’n dringende verwagting:
“Justice must be seen to be done!”

Ek voorsien net een probleem:
Die boosdoeners laat hulle nie so maklik
uitken of aankeer nie; hul aanmatigende houding
laat hul vermetelheid hand oor hand toeneem.
Daarom soek hulle steeds, skynbaar ongestoord,
na iets of iemand om te verslind. Hulle sal almal
wat hulle teëkom besnuffel, bespring, bemors.
En probeer opeet. “Dit kom ons toe,” grom hulle.

Géé hulle dan wat hulle toekom, Here!
Laat hulle ondergaan soos die son;
laat dié wat snags rondsluip en soek om te verslind
in die helder dag hul verdiende loon kry.
Almal sal dit sien, al die geslagte sal dit weet.

En ons? Ons sal sing.
Amen.

Barend Vos

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.