Boodskap vir Vandag

Search

Gee ons ’n gewilliger geheue

Lees Psalm 78:5-16.

So sal hulle dan op God vertrou en nie vergeet wat Hy gedoen het nie, maar gehoorsaam wees aan wat Hy beveel het (v 7).

Dit is omdat ons so maklik vergeet, Here, dat ons sukkel
om te glo. Ons onthou net wat ons wil sodat ons kan haat,
en vergeet alles wat ons nodig het om te hoop. Ons ly en laat
ly vanweë ons vergeetagtigheid; ons swak geheue is ’n sware las.

Dit alles, Here, verhoed dat ons die lewe
voor u aangesig as ’n gawe aangryp
omdat die getuienis van u eeue lange
goedheid vir ons versluier bly.
Ons leef net vir hierdie oomblik
en dan slegs in ons klein hoekie.
Ons kan nie meer agtertoe kyk nie,
en daarom het ons geen uitsig meer
op ’n toekoms wat so vol hoop is nie.

Daarby wil ons kamma eenvoudig leef,
maar nou maak ons alles so ingewikkeld.
Ons vind die wiel opnuut uit,
en kom dit nie eens agter nie.
Ons word ingeloop omdat ons vergeet
hoe alles afgeloop het toe U destyds
ingegryp en dinge omgekeer het.

O Here, gee ons tog ’n gewilliger geheue!
Maak ons onthou maklik en ongekompliseerd.
En al is ons geneig om net die goeie te herroep
en slegs die heldedade oor en oor te vertel,
is dit ’n geringe prys om te betaal.
Die alternatief – geheueverlies van u goedheid
in ons geskiedenis – is veel, veel erger.

Leer ons opnuut hoe om van u wonderdade te praat.
Dan sal ons beter onthou.
Gee ons die regte woorde en prentjies
om ook in ons slaaptydstories
oortuigend oor u almag uit te wei.
Ons kinders het dit nodiger as nagsoentjies
om hulle aan U te vergaap.
Amen.

Barend Vos

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.