Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Kinders …

Lees Psalm 78:30-55.

Maar Hy is genadig, Hy vergewe sonde, Hy wis sy volk nie uit nie. Dikwels het Hy sy toorn bedwing en sy gramskap nie laat losbreek nie (v 38).

Die verhale oor u volk in die woestyn gee dié
wat dit lees tot vandag toe koue rillings. En
daar lui ’n klokkie, helder en onheilspellend:
Ons sien mos onsself. Ons hoor ons eie,
hedendaagse onvrede. Ons ken ons eise.
Ons het nie ’n enkele les geleer uit alles
wat met óns en dié voor ons gebeur het nie.

Ons hoor in die ou stories hoe hulle van
die een krisis na die ander strompel. Daar
is geen sprake van groei, van genade onder
mekaar nie. Nie ’n teken van geloof in die
Ongelooflike nie. Dit is so bitterlik bekend;
my hart krimp ineen. Ek verstaan u woede …

Nou ys ek ook vir u ingrype, nou. Hier.
Ek vrees die dag wat U ons ook opgee.
Daarom, Here, wil ek met my hele wese
glo in ’n God wat sê: Nooit! Nooit! Nooit!
Nooit gee Ek met my kinders moed op nie.
Nooit staan Ek hulle aan hul ontrou af nie.
Nooit betaal Ek hulle in eie munt terug nie.

O, ek glo in ’n God wat onthou
dat sy kinders bloot kinders is:
dom, onwillig om te leer, gretig
om hulle te vergryp aan enigiets
wat verbykom, wat so lekker lyk.
Vuil handjies, besmeerde gesig;
wil nie hoor nie; wil nie glo nie.

Ons is gering voor u grootheid, Heer …
En dít is nie ’n verskoning vir onverskilligheid nie;
dit is ons enigste troos in algehele bankrotskap.

Ons, u klein kindertjies, kan nie anders
as om op U te reken nie, grote God.
Aan U die eer.
Amen.

Barend Vos

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.