Boodskap vir Vandag

Search

Ons vier graag fees

Lees Psalm 81:1-8.

Jubel tot eer van God ons sterkte, juig tot eer van die God van Jakob! (v 2).

Ons maak graag musiek wanneer ons vrolik is, Here!
Wanneer dit goed gaan met ons, blaas ons op die beuel,
slaan die snare, vat die noot.
Wat ’n fees!

Ons het volop rede om voor U vrolik te wees.
U maak ons bly sonder voorbehoud.
Op ons feesdae is almal opgewek;
van geslag tot geslag word dié goeie gewoonte
deurgegee en die tradisie jubelend voortgesit.
In die blyste van die môres klink daar ’n lied,
juig daar ’n stem; in die stille nag
hoor jy hoe sag die klokke beier.

Bloot om na te dink oor ons geskiedenis
gee ons genoeg rede om plesierig te wees:
Want was God dan nie tree vir tree ons voorloper
en jaar ná jaar ons voorsiener nie?
Het Hy wat ver vooruit kyk
dan nie ons paaie gelyk gemaak nie?
Was dit nie van die begin af duidelik
dat dit Hý is wat rotse voor ons gebreek
en duwweltjies voor ons weggevee het nie?
Ken ons Hom dan nie van toe af
as die bewerker van ons heil,
die bevryder van wat ons bind,
die gewer van goeie gawes nie?
Dit is tog Hý wat die boeie breek;
Hy verjaag die twyfel wat ons boelie.
Hy maak korte mette met ons nood.

U bewys dit op alle moontlike maniere, Here.
U sê dit oor en oor in elke verstaanbare taal,
in elke vreemde klank of ontsagwekkende donderslag.

Daarom sal ons sing, want ons het gehoor.
En toe ons U hoor,
het ons onthou …
Amen.

Barend Vos

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.