Boodskap vir Vandag

Search

Soos U die trom slaan

Lees Psalm 109:30-31.

Want Hy staan by die arme en red hom van dié wat hom ter dood wil veroordeel (v 31).

Here, dit is straks lasterlik om dit só te stel
– hoe anders as in mensetaal kan ons tog praat? –
maar ek kry soms die prentjie in my kop
van U as krygsman: regop, presies;
u hand paraat opgehef om almal
wat vir U lief en dierbaar is te verdedig.

U is mos die Beskermer,
die Here van die leërskare,
Wagter wakend op die mure,
die God van ons behoud.

U gee ’n bevel en kyk hoe almal skarrel;
u opdragte word nougeset gehoorsaam.
’n Blote woord van U is ’n swaard
met twee snykante; u waarheid die gordel
om baie heupe. Die geloof in U
is ’n skild wat bose brandpyle afweer.

Daarom sal ek U salueer waar ek ook al gaan.
Ek sal marsjeer soos U die trom slaan.
Ek klouter teen kranse van tou en draad op;
ek hardloop deur hindernisse, want U is aan my sy.
U stem is my aansporing; u gestrekte arm my hulp;
u beloftes genoeg beloning vir hierdie ontberings.

Ek sal nou, as U wil, almal op parade roep,
dan bulder: “Aan julle regterflank staan die Een
na wie julle julle moet oriënteer. Gaan staan in gelid!”

Ek vind vreugde en veiligheid by U, in watter sone
ek my ook al bevind. Waar ek gaan of staan of hardloop.
Daar waar ek op u bevel wegkruip, herbeplan,
of bloot op die plek rus.

Ek is ’n soldaat vir U,
my Krygsheer.
My aandag behoort aan U.
Amen.

Barend Vos

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.