Boodskap vir Vandag

Search

“God voorsien!”

Lees Psalm 112:7-8.

Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die Here (v 7).

Here, ek staan verstom oor diegene wat klaarblyklik
kommerloos deur die lewe gaan. Nie onverskillig nie,
nooit ongevoelig nie, bloot … onbekommerd.
“Ek vertrou maar op die Here,” sê hulle graag.
En klaarblyklik bedoel hulle dit van harte.
Jy sal hulle nooit op toekomsvrees betrap nie.
“Môre sal vir homself sorg” is hul leuse.
“God voorsien!” ’n refrein.

Ek is nie só nie.
Vir die geringste skeet of vrees vlug ek halsoorkop na U toe.
“Here, help!” is my slagkreet. “Gryp in!” my paniekerige pleitroep.
Dan … help U. Dan gryp U in.
Dikwels geskied dit nie betyds voor my volgende angsroep nie.
Ja, my vrese volg kort op mekaar; ek vermoed U bly skaars by met my …

Hoe beny ek nie die “God voorsien”-brigade nie!
Dié wat veldlelies en hemelvoëls net een kyk gee
en dan breed glimlag en sê: “Sien jy?”

Dan skaam ek my. Vir my ipekonders,
my bygeloof. Die twyfel, die kleingeloof,
die ongeloof.
Ek skaam my voor hulle
en voor U.
Asof U, die God van gister,
nie ook môre in u hand hou nie …

O Here, U wat al soveel kere
my fladderende hart tot bedaring gebring het,
dit oopgedwing het sodat die grou gedagtes
deur die genade kon ontsnap en hulle te pletter kon loop
teen die stille krag van u waaksaamheid,
vat my vas!

Vat tog net sag aan my, Here.
Laat u sterk hand my hart gerus ’n tuit laat staan,
al meer en meer op U gerig.
Amen.

Barend Vos

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.