Boodskap vir Vandag

Search

Hier is my stem …

Lees Psalm 115:9-18.

Maar óns, ons prys die Here, nou en vir altyd! Prys die Here! (v 18).

Demokrasie is ’n lomp, lawwe woord, Here,
en ’n gevaarlike begrip in kerk en samelewing.
Wêreldwyd word dit afgemaak: Om ’n kruisie
te kan trek of te mag hand opsteek, vereis nie
juis besonderse kennis of gesonde oordeel nie.

En in die kerk word tereg daaroor gefrons
en gans te effentjies daarteen wal gegooi.
Die stemme van feilbare, sondige mense
– hoe groot die persentasie of omvang ook al –
kán tog nie God se stem verteenwoordig nie.

Dit is goed om te weet dat U geen demokraat is nie.
U krag lê nie in mensehande nie.
U wag nie op goedkeuring nie.
U keuses hang nie van kruisies af nie.
Daarby is U nie vatbaar vir omkoop nie;
geen stemmingmakery sal U laat afsien
van u ewig vasgelegde trou nie.

En almal ken reeds u standpunt oor u koninkryk
en dié se kinders. Daarom staan ons reg vir U
om ons te seën. Ons hou ons asem op en rek ons nek
lank uit; sien só uit na U wat kom. En ons wag
ons beurt af wanneer U u hande oor almal uitsprei.

Omdat u regering nie in ons hande is nie
en u besluite nie deur ons ingestem word nie;
ja, omdat U nie op ons goedkeuring wag nie,
is ons meer gereed as ooit om u sorg te ontvang,
dit te geniet en vanweë die oorvloed daarvan
dit ook met oorgawe uit te deel.

So voeg ons dan ons stem op geen ander
plek nie as by die hallelujakoor wat wêreldwyd,
soms selfs in die kerk,
vir U opklink.
Amen.

Barend Vos

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.