Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

My oë …

Lees Psalm 123.

Ek sien na U op, U wat uit die hemel heers (v 1).

My oë is op U gerig, my Here.
Op U wat ons eenvoudig moet help.
Daarom sal ek bly kyk.

My oë dra die dringendheid van ons nood –
en ek sal aanhou kyk totdat U laat weet dat U
dit raakgesien het en dat U op die regte tyd
sal doen wat U weet reg is. Dat U onder meer
die ewige grynslag van die spotters se gesig sal afvee
en die smalende hooghartiges hul woorde laat sluk.

My oë sal U vertel presies hoe verleë ek is.
Hoe desperaat op die uitkyk vir ’n enkele gebaar van U af.
Ons sê deesdae gereeld: “Die Here weet dit kan nie
so aangaan nie …” En dan is dit uit my oogpunt beskou
nie ’n sommerse sêding nie, maar ’n kreet.
’n Hygende pleidooi om u spoedige aandag.
Veral is dit dalk ’n manier – hoe slordig ook al geformuleer –
om my volledige afhanklikheid van U te verwoord:
U, aan wie ek huid en haar behoort.
My hart, siel en liggaam
is aan U gewy.

Én my oë,
wat gerig bly op ons huisheer se hand.
Speurend na die geringste aanduiding dat hy inderdaad
gehoor het. Dat hy hom gereed maak om op te staan, te sê:
Genoeg is genoeg!
Klim op die daad af van my kinders se nek!
Los hulle nou uit! Hulle is mýne.
Ek het hulle duur gekoop.

My oë is versadig van sien
hoe selfvoldane mense u kinders bespot, Here.
Daarom sal ek hierdie oë liefs op U gerig hou
en bly kyk …

Totdat U my sien.
Amen.

Barend Vos

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.