Boodskap vir Vandag

Search

As dit nie vir U was nie …

Lees Psalm 124.

Ons hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het (v 8).

As U darem nie dadelik gekeer het
toe die vyand op ons afgestorm het
met daardie wilde kyk in die oë
en verbete trek om die mond nie,
is ons willoos meegesleur
soos gestroopte blare in ’n woedende stroom.

As U nie op die regte tyd ingegryp
en ons gered het nie, het ons oor die krans gestort.
Ons sou dit nooit oorleef het nie; ons sou nie
hier gewees het om die storie te vertel nie.
Ons sou niemand kon waarsku teen daardie mense
wat jou as ’n maklike prooi beskou nie.

As U nie gou opgestaan
en ons onder u beskerming kom neem het
teen dié wat sluwe strikke gestel het
waarin ons so maklik-maklik kon trap nie,
het ons vasgevang bly sit. Troosteloos.

As U nie ver vooruit gesien het
en daarom beter as ons geweet het
wat vir ons goed en reg en voordelig is nie,
dan het ons tot vandag toe nog gely
aan die gevolge van ons kortsigtige keuses.
En ’n belaglike duur prys betaal
vir al die vrot besluite wat ons neem wanneer ons
nie verder dink as wat ons begeertes lank is nie.

As U nie die Here was
wie se Naam ons so goed geken het
dat ons dit in ons vrees en paniek kon uitskreeu
en daarvan oortuig kon wees dat U onmiddellik
sou toetree tot die geveg waarby ons ingesleep is nie,
was dit in ’n oogwink verby met ons.

As U nie geheel God was nie,
was ons totaal niks.
Amen.

Barend Vos

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.