Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Klein kind

Lees Psalm 131.

Ek het rus en kalmte gevind. Soos ’n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind (v 2).

Here-van-die-groot-dinge!
Dit is weer ek, u klein kind, wat hier praat.
Wat weer eens sê ek vind soveel vrede by U.

Ek het oorgenoeg van wat U my gee:
die oorvloed liefde, troos, hoop.
Troue, troue sorg.

Dit alles maak my ryk, en ek kan eerlikwaar getuig
van ’n vol lewe. Daar is niks wat my ontbreek nie.
U goedheid en guns volg my waar ek ook al gaan –
ál die dae van my lewe.

Maar dankie, veral, Here, vir wat U vir my is.
Dit wat ek ontvang het, kan hulle van my af wegvat.
My troos en hoop en selfs die liefde wat U my gegee het,
kan gesteel word. Ek kan dit verlê, in die geharwar vergeet.

Maar u teenwoordigheid by my kan nie ontken
of my ontneem word nie.
Daarvoor is U te oorweldigend;
u arms wat vashou, te lank;
u oor wat hoor, te groot;
u gestalte te omvangryk.

Daarom, sê ek weer, maak ek my nie moeg
oor groot dinge nie en pak ek niks aan
wat bo my vuurmaakplek is nie.
Ek dring nie aan op antwoorde op die lewe se raaisels nie
en ek probeer my nie slim hou oor U nie. Ek aanvaar
my beperkings en vind my vreugde in Een wat groter is as ek.
Ek ken my plek.

So word ek in u omhelsing verdwerg;
knus teen u bors gedruk, gevoed.
Tevrede gestel.
Rus gegee.
Gesus.
Amen.

Barend Vos

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.