Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Ons beloftes

Lees Psalm 132:1-5.

Dink tog aan Dawid, Here, aan alles wat hy deurgemaak het, aan die eed wat hy teenoor die Here afgelê het, sy gelofte aan die magtige God van Jakob (v 1-2).

Here, ons is alte gou om U aan u beloftes
te herinner en baie vinnig om wat U
ons kwansuis skuld, op te eis.
Ons steek vinnig ons hand op en vra,
gemaak hoflik soos astrante skoolkinders,
hoe is dit dan met wat U ons beloof het …
U woord ís mos wet, of hoe?

Ons is heelwat stadiger om ons beloftes
aan U te onthou en tog so traag om dit gestand te doen.
Dit is feitlik sonder uitsondering in nood uitgespreek –
en nou is die krisis mos verby. Voorlopig, in elk geval.

Dan onthou ons tot ons beskaming hoe u Bybelse kinders
– nie eens almal u spogseuns en -dogters nie –
hul ondernemings aan U na die letter nagekom het.

Neem nou maar vir Dawid:
Hy het gesweer dat hy vir U ’n huis sal bou.
En hy was vas van plan om hom daaraan te hou.
Dit was U wat ander planne vir hom gehad het …

Maar ons beloftes aan U maak definitief skuld;
U sal self besluit of U dit uitgevoer wil hê of nie.
Dit is u reg, u keuse.

Intussen sal ons wakker lê en planne maak
en só ons voorreg om U na behore te dien
na ons beste vermoë probeer uitpluis.
Ons sal min slaap en diep dink en ons skuld
aan U op ’n kreatiewe manier probeer vereffen.

Vir wat dit werd is:
Ons belowe weer
dat die plek waar ons U aanbid
in ’n ware woning vir U omskep
en steeds uitgebou sal word:
’n tuiste vir U en ál u kinders.
Amen.

Barend Vos

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.