Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Geseënd is hy wat kom …

Lees weer Psalm 118:22-26.

Prys hom wat in die Naam van die Here kom! (v 26a).

Daardie stille nag toe die hemele skeur
en die engele uit volle bors sing
dat die koning kom,
roep selfs die klippe dit uit.
Engele, mense, almal saam
– selfs daardie eensaam roepende
stem in die woestyn –
ja, alles wat asem het, loof
loof die Heer!

Vol vreugde sing die eng’leskaar:
Geseënd is hy wat kom in die Naam van die Here!

Kom, alle getroues, vrolik en vol vreugde,
hoor die blye eng’lelied!
Kom, kinders, besing met ’n vrolike stem:
Groot is die Heer!

Want hy is ’n geskenk uit u hart, o Here;
só lief het God die wêreld.
Die bouers wou hom nie hê nie;
die brekers het hom uitgegooi.
Hy het nie gelyk soos een van wie hulle sou hou nie.
Hulle het hom verag; die mense het hom verstoot.
Hulle het die gesig van hom weggedraai –
dié man van smarte.

Maar U, Here, het hom die hoeksteen gemaak
van elke gebou wat in u Naam opgerig sou word.
Dit is niks minder nie as ’n wonder in ons oë
en ’n salwing vir ons gees:
Hý, die seën uit die huis van die Here;
die verlossing uit die hand van God.

God is liefde! juig ons harte
met almal saam oor hierdie dag.
Pas begin die jare tel.
Vir ons begin die ewigheid.
Amen.

Barend Vos

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.