Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Uit die dieptes …

Lees weer Psalm 130.

Uit die dieptes roep ek na U, Here, luister tog na my, Here, hoor tog my hulpgeroep (v 1-2).

Here, ek is u knaende kniediepkind
wie se stem uit die donkerte U seker
al begin irriteer. Ek roep sonder
skroom of skaamte wanneer ek my
weer eens in die diepste gat bevind.
U sal my sekerlik op ’n dag daaraan
herinner dat ek my self daar ingekry
het, en dat ek my dus ook self daar moet
uitkry. Hoe tog, Here?

Dit is seker maar dié tyd van die jaar …
Bestekopname. Boeke opmaak. Terugkyk, en hard moet dink
om die positiewe van die afgelope twaalf maande te onthou.
Om jou opnuut te skaam vir die dinge wat jy gedoen het.
Om weer ’n keer jammer te wees oor wat jy toe nié gedoen
het nie – en heimlik te wonder of dit nou heeltemal te laat is.

Ag, Here, en om na môre te kyk, sorg ook nie juis
vir opbeurende gedagtes nie. Vir my is die toekoms
so duister soos hierdie put waarin ek my bevind.
Uitsigloos. En dit maak my benouder as ooit tevore.

Ek kyk dus maar op, Here,
en hou my moedelose oë
op die ligkolletjie, daarbó.
Dalk sal daar vir my eendag
hulp uit dáárdie oord kom.
Miskien is dit tog die poort
waardeur U na my toe afklim …

Dan moet U maar kom, Here –
en gou maak, asseblief.
Ek is óp gewag vir iemand wat my
sal troos oor die jare wat hier verbyvlieg.

Een wat my ’n rede sal gee om die nuwe jaar
met tog ’n greintjie entoesiasme in te wag.
Amen.

Barend Vos

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.