Boodskap vir Vandag

Search

Aangename kennis!

Lees Nehemia 2:1-10.

My God het sy goeie hand oor my gehou, en die koning het my versoek toegestaan (v 8).

Nehemia, die Persiese koning se kroegman, se hart brand om na sy eie land terug te gaan. Hy het gehoor dat sy mense daar in die verre Juda bitter swaar kry, dat die geliefde Jerusalem se mure omgegooi lê en die stadspoorte verbrand is (Neh 1:3). Met ’n swaar hart doen hy sy werk vir die koning.

Die koning, klaarblyklik ’n oplettende en sensitiewe mens, vra hierdie amptenaar uit oor sy terneergedruktheid. En Nehemia roer die saak versigtig aan. “Ek was baie bang” (v 2) vertel hy oor sy poging om die koning in te lig. “Ek het ’n skietgebed opgestuur na die God van die hemel” (v 4).

Toe het hy alles aan die belangrike vors vertel.

Bybellesers ken die verhaal verder. Oor hoe die koning sy hand vir sy werknemer wyd oopgemaak het. Dit word ’n opbouende storie soos min! Boonop is die hoofkarakter self aan die woord, en die leser kry dus in die Nehemiaverhaal se dertien hoofstukke ’n intieme kykie in dié man se hart.

Verskillende waarnemers sien verskillende dinge wanneer iemand sy hart so ontbloot soos hier. Ek, byvoorbeeld, leer ken ’n mens wat nie skroom om te sê hoe afhanklik hy van God is nie. “My God” noem hy Hom, die Een wat “sy goeie hand” oor hom hou (v 8).

Nehemia praat ’n taal wat ek goed verstaan. Ek ontmoet hom hier as een van my mense. Nee, ek weet nie veel van hom nie en van sy tyd en omstandighede nóg minder, maar oor die feit dat ons familie van mekaar is, het ek weinig twyfel.

Hallo, broer!

Here, in u groot gesin is daar vir my ook plek. Ek sit dankbaar by die gesinstafel aan.

Barend Vos

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.