Boodskap vir Vandag

Search

’n Enigste troos

Lees 1 Tessalonisense 4:13-18.

Troos mekaar dan met hierdie woorde (v 18).

Dit is die gelowiges se enigste troos, sê die ou kerkvaders, dat ons aan Christus behoort. Of ons lewe en of ons reeds dood is, ons is sy eiendom. Hier vertel Paulus aan die gemeente in Tessalonika hoe dit werk, dié soort “behoort”. Veral nadat jy gesterf het.

Dit was sekerlik nodig, want hulle het dit klaarblyklik nie verstaan nie. Ons verstaan dit ook nie te goed nie, en daarom kan ons gerus maar die ore spits. Maar, lyk dit my, as ons vir ’n gedetailleerde uiteensetting van die sterfproses wag, sal ons lank wag. Want Paulus sê maar wat hy weet – en wié weet nou eintlik wát oor doodgaan?

Paulus weet wel van Jesus. En hy weet wat hy van Hom glo: “… dat Jesus gesterwe maar ook opgestaan het”. Hy ken God, en hy weet wat hy van Hom glo: “… dat God saam met Jesus die ontslapenes wat in Hom geglo het, na Hom toe sal neem” (v 14). Nou gebruik hy groot woorde en duiselingwekkende begrippe om te verduidelik hoe God te werk sal gaan om dit alles te bereik.

Ag, maar dit klink so … onwerklik, soos ’n fantasie. Hedendaagse mense, ook gelowiges, vat maar langtand hieraan.

Dit maak nie regtig saak nie. Wat alles beeldspraak is en wat die helder werklikheid is – wel, dit sal ons maar moet sien, eendag. Waaroor daar gelukkig nie geredeneer hoef te word nie, is Paulus se klokhelder gevolgtrekking: “En so sal ons altyd by die Here wees” (v 17).

Hiérmee, sê Paulus, kan ons mekaar troos. Om by die Here te wees omdat ons aan Hom behoort, hierdie kant én anderkant die graf – dit is ons enigste troos.

Ek behoort aan U, Here. Niks sal my ooit van U kan skei nie.

Barend Vos

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.