Boodskap vir Vandag

Search

Hemelse beloftes

Lees Genesis 15:1-12, 17-18.

Toe het die Here vir Abram … gesê: “Kyk op na die hemel …” (v 5).

Hierdie verbondsverhaal is so intiem, dié gesprek tussen Abram en sy Here, dat die leser half skuldig voel, dit voel so na afluister … “Moenie bang wees nie, Abram,” sê die Here vir hom (v 1), maar Abram word beangs, “ ’n groot donkerte het hom oorweldig” (v 12). “Jou beloning sal baie groot wees,” verseker die Here hom (v 1), maar Abram kap terug: “Here … wat kan U vir my gee?” (v 2). En: “Hoe sal ek (dit) weet …?” (v 8).

Dan wýs sy Here hom. Hy wys tot in die fynste besonderhede wat Hy aan hierdie twyfelende kind sal gee, soos Hy hom verbind het om te doen.

Ag, hoe dikwels wens ek dat ek en mense soos ek dit alles ook so maklik kon weet. Dat ons Here ook so intiem met ons praat. So spesifiek, so reguit. So sonder ruimte vir misverstand. En dat ek Hom grootoog sal glo.

Maar dan weet ek wel dat God se aanwysings vir my en mense soos ek seker nie méér spesifiek kan wees nie as, byvoorbeeld, Johannes die Doper se wysvinger: “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Joh 1:29). Of as Jesus se verklaring aan die verwarde Nikodemus: “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het …” (Joh 3:16).

Vir my, skeptiese Godskind, Tomas-die-twyfelaar se tweeling, bly Abram se woorde en optrede hier ’n kristalhelder spieël. En sy Here s’n niks minder nie as ’n openbaring. ’n Allertroos vir my wat dikwels swets oor dowwe spieëls en raaiselagtige beelde. Ek met die versluierde oë en toegedrukte ore.

Here, maak oop my oë! En hou dit gefokus op u voorsienige hand in my lewe.

Barend Vos

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.