Boodskap vir Vandag

Search

Duur genade

Lees Jeremia 11:1-17.

En jy … moenie vir hierdie volk bid nie … Ek (sal) nie luister nie (v 14).

Sjoe! Hoe gebeur dit dat die Here sy profeet verbied om vir sy mense te bid? Dat Hy by voorbaat sy ore toedruk? Hoe bitter ver moes hulle nie afgedwaal het om Hom tot sulke harde woorde, sulke drastiese optrede te dryf nie?

So blyk dit dan ook uit hierdie Jesajaverse: Hulle het die pad volledig byster geraak. Hulle het teruggekeer na hul voorvaders se “eerste sondes” (v 9) deurdat hulle nie na hul Here se woorde geluister het nie, deurdat hulle agter ander gode aanloop. Daar is trouens soveel afgode in hul lewe soos wat daar stede in Juda is, soveel Baälaltare as wat daar strate in Jerusalem is (v 13).

Nou, sê die Here, is Hy klaar met hulle. Hy onttrek Hom, Hy het finaal bes gegee. Dit sal nie help die profeet tree vir hulle in nie; die Here, die Enigste wat saak maak, sal sulke pleidooie ignoreer. O, en hulle moenie dink dat hulle met hul vrome offergawes sy aandag sal trek nie. Al wat sal gebeur, is dat die vyandige hordes hulle sal kaal stroop.

Dit is die onafwendbaarheid waarop hul volhardende dwaling uitloop: ’n inval, ’n verwoestende strooptog.

Kan God dan so wrokkig wees dat Hy nie sy mense, die “groen olyfboom” wat Hy self geplant het (v 16-17), genade betoon nie? Kan Hy nie nóg ’n slag van plan verander nie?

So vra hulle, dalk. Só vra ons, gereeld. Hulle, ons, die dissipels van die goedkoop genade-evangelie.

En so kyk ons die Here se trane mis. So vermy ons die eintlike kwessie: ontrou. Verbondsverbreking. Die skaamteloosheid waarmee Godskinders agter al wat ’n afgod is aanhardloop.

Here, herinner my gereeld daaraan dat daar duur betaal is om my te verlos.

Barend Vos

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.