Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Voorskrif vir vreugde

Lees Levitikus 23:26-41.

“… en dan moet julle sewe dae lank met vreugde feesvier by die heiligdom van die Here julle God” (v 40).

Oeps! Om darem hierdie maand met dié Bybelboek te begin … Dit is nie dalk ’n Aprilgrap nie? En as dit nie is nie, dan kan ons gelukkig mos net so bolangs lees, soek-soek na iets wat bekend klink. Of hoe?

Levitikus is een van daardie Bybelboeke waarby ons verbyblaai, so met al die wette van destyds en die gebruike van eergister. Ons haas ons eerder na die bekendheid en die verrassings in die Ou-Testamentiese verhale, na die relevanthede in Paulus se briewe en die troos van die Evangelies. Die wettebesigheid waarin Levitikus spesialiseer, is mos gans en al uitgedien, of hoe?

Reg, ja. Dit is inderdaad so. En boonop het ons, vandag se Bybellesers, die lawwe gewoonte aangeleer om wanneer ons dit tog wel in die Levitiese wetteduisternis waag, bloot dít raak te sien wat ’n vermoedelike geluidjie in ons rigting maak. Dit wat die taal van óns hart napraat, wat met óns opvattings strook. Dit is dán dat ons triomfantelik uitroep: Kyk hier! In die Ou Testament reeds! Onveranderlik is ons God!

Dit is oneerlik, om dit saggies te stel. En dom. Want dan loop ons gevaar om die uitbundigheid in Levitikus mis te loop. Om die voorskrifte vir vreugde wat hier gegee word, te ontbeer.

Want wette word gewysig en gebruike verval, maar blydskap voor God is steeds die fondament van ’n gelowige se lewenshouding. Al moet ons nou ook voorskrifte uit ’n ou tyd kry om ons te help om God se goedheid te vier.

Here, die lewe wat U gee, is ’n lied. Leer my die do-re-mi hiervan!

Barend Vos

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.