Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Onsinnig

Lees Lukas 24:1-12.

“Waarom soek julle die Lewende by die dooies?” (v 5).

Paastyd bied gelowiges ruim geleentheid om oor die destydse paasgebeure na te dink. Dit is goed so, want dit is ons grootste fees. Dit herdenk deurslaggewende gebeure wat ons geloofslewe aan die hart raak. Gaan lees gerus weer wat Paulus hieroor aan die Korintiërs skryf (1 Kor 15:12-58).

En lees maar hierdie Lukasepisode deeglik deur. Sien die vroue se paniek. Kyk hoe hulle die boodskap wat hulle ontvang het aan die apostels gaan oordra. En kyk tog hoe hardloop Petrus (tipies hý) na die graf om self te sien. Hoor asseblief ook wat Lukas oor die apostels sê: Die vroue se storie het vir hulle na onsin geklink. Lawwe vroumenspraatjies.

Sou jý hulle geglo het, destyds? Sou jy dalk soos Petrus rieme neergelê het om te gaan seker maak? Miskien bloot agternagedrentel het, net ingeval daar tog ’n verklaring vir hierdie onsinnigheid is?

Glo jy hulle vandag, steeds? Wat sê jy vir daardie vroue op hierdie dag, twee dae ná ’n viering in die tweede millennium ná hul uitasemberig? Deesdae lees jy (soms teen jou sin, maar tóg) hoe ander mense – slim mense, mense wat jou taal praat, mense wat soos jy grootgeword het – skryf en lag en sê: Onsin!

Wat sê jy vir húlle?

’n Vraag: Hoekom moet jy iets sê? Dit is tog volkome onsinnig om Jesus se opstanding uit die dood te probeer verklaar of te verdedig. Jy kan dit bloot vier – of nie. Jy kan net daaroor sing – of nie. Jy kan jou slegs daaroor verwonder – of nie. Jy kan jou opvatting hieroor aan ander gaan vertel – of nie.

Jou reaksie gaan niks aan die betekenis van die opstanding verander nie. God is groter as geloof én ongeloof, ook joune.

Opgestane Here! Soos Tomas kan ek ook net sê: “My Here en my God!”

Barend Vos

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.