Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Grond

Lees Esegiël 45:1-9.

“Wanneer julle die land deur loting verdeel … moet julle ’n stuk grond … as ’n offergawe aan die Here gee” (v 1).

Dit is weer een van die reëlings wat die profeet met die ou volk afspreek, wat … wát nou eintlik met óns te doen het? Duisende jare later lees ons, Nuwe-Testamentiese gelowiges, oor dié huishoudelike sake en dan is ons seker ons kan maar daar verbylees. Reken ons om die evangelie op ’n ander plek as in Esegiël 45 te gaan soek.

Dit is nie so eenvoudig nie. Sien, hier gaan dit oor grond, oor die verdeling daarvan, oor wié kry wát. En al is dit vir bepaalde mense in bepaalde omstandighede en in ’n bepaalde tyd in hul geskiedenis geskryf, sal dit ons baat om twee keer hierna te kyk.

Buitendien laat lui die begrip “grondgebied” nóg ’n klokkie: Onthou jy Jabes en sy gebed in 1 Kronieke 4:9-10 en die opslae wat dit gemaak het toe dit rugbaar word dat hy die Here gevra het om sy grondgebied te vergroot? Hoe gelowiges – soekend, desperaat, dalk bloot gierig – daardie gebed vir hulleself toegeëien het?

Dan val dit op hoe die destydse verdeling geskied het (dit is nou te sê, ás die volk en hul leiers die ou profeet gehoorsaam het). Hoe die eerste opdrag was: Onthou die stuk grond wat as offergawe aan die Here afgestaan word. Onthou die dankie sê aan die Gewer: Die plek van aanbidding geniet voorrang. Dán kry die res hul beurt.

Nee, ons weet nie of die ou volk hul profeet se voorskrifte gevolg het nie. Ons is ook nie heeltemal seker of óns hierdie soort grondeis ernstig moet opneem nie. Ons wil mos eintlik hê die Here moet óns grondgebied uitbrei …

Ons wil nóg hê, Here! Soos stout kinders wil ons net nóg hê. Verlos ons tog!

Barend Vos

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.