Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Regeerders

Lees 2 Kronieke 34:20-33.

“Ek het daarop ag geslaan dat jy in jou hart geraak is deur die woorde wat jy gehoor het en dat jy berou getoon het voor God toe jy hoor wat Hy sê” (v 27).

Josia sal altyd bekendstaan as die koning wat die nalatenskap van sy pa, Amon, en sy oupa Manasse se regeertyd, wat soos ’n smetterige sweer aan die volk bly kleef het, vernietig het. Die afgodsdiens het eenvoudig aangehou en aangehou – totdat Josia ’n einde daaraan gemaak het.

Die Kroniekeskrywer vertel dat Josia persoonlik toegesien het dat die afgodsaltare vernietig word (2 Kron 34:4). Toe het hy begin om die tempel in Jerusalem te herstel wat vervalle geraak het nadat dit deur opeenvolgende konings verwaarloos is.

Daar tussen al die gemors ontdek die skoonmakers toe die wetboek, die Moseswette wat dié ou trekleier destyds in die woestyn by die Here gekry het. Die verbysterde koning lees die boek en skeur sy klere. Nóú weet hy wat so verskriklik verkeerd was met sy pa en oupa se regeertyd.

’n Vroueprofeet, Gulda, troos hom en sê die Here ken sy hart. Hy het die koning se trane gesien. En Hy, die Koning van die konings, sal hom voortaan onder sy vlerk neem.

Toe het die koning voor sy hele volk, en namens hulle, ’n verbond met die Here gesluit: Voortaan sal hulle Hom dien, net Hy.

En só verloop die mooi storie van hierdie koning, die leier met die sagte hart. Die man wat besluite geneem het omdat dit reg was en keuses gemaak het omdat dit in ooreenstemming met sy Here se wil was.

En so, Here, leer U my ’n gebed vir hulle wat my en my mense moet lei. Ek bid vir hulle, vir ’n sagte hart, vir die besluite wat hulle moet neem en die keuses wat hulle moet maak.

Barend Vos

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.