Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Wonderwerke

Lees Matteus 9:27-34.

Maar toe hulle daar weg is, het hulle in daardie hele omgewing van Hom vertel (v 31).

Eintlik behoort dit nooit vir kerkgangers nodig te wees om ’n preek oor ’n Goddelike wonderwerk aan te hoor nie. Eintlik behoort die voorganger – of sommer die Bybelleser self, tuis of saam met ander – bloot die wonderverhaal voor te lees. Dan moet daar gesing word, dalk ’n dankgebed gedoen word, daarna kan almal huis toe gaan. Nee, wonderwerke is nie preekmateriaal nie.

Die een probleem met ’n gepreek oor wonderwerke is die predikers self. Hulle druk tog alte graag hul eie stempel op so ’n onbegryplikheid af. Soms op die gruwelikste manier moontlik deur daarvan ’n “les” te maak. Dalk in dié trant: “Sien julle? ’n Mens moet net glo, en enigiets is moontlik!” Straks is hulle versigtiger en sê bloot iets soos: “Wonderwerke gebeur steeds. Maak oop jul oë!” Die ander probleem met so ’n gepreek oor wonderwerke is die aanhoorders daarvan. Hulle gaan moedeloos en dalk verward huis toe. Hulle sien nie sommer wonderwerke nie – en nou weet hulle dit is omdat hulle nie goed genoeg glo nie, en omdat hulle oë nie vas genoeg op Jesus gevestig is nie.

Maar Jesus se wonderwerke verduur nie goedkoop predikasie nie; dit vra hoogstens die oorvertelling daarvan, die getuienis daaroor. Dit vereis dat die fokus op Hom sal wees, die Wonderwerker. Sodat mense hulle sal verwonder (v 33).

Sodat dit nie in ’n teologiese redenasie ontaard nie, soos dié waarin fariseërs uitblink (v 34). Sogenaamde wonderwerke is immers God se alledaagse werkwyse. En ons, sy kinders wat lewenslank sukkel om te sien en te hoor, staan elke normale dag aan die ontvangkant daarvan.

U genees my dag na dag, Here! Ek is u wandelende wonderwerk. Halleluja!

Barend Vos

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.