Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Straf hulle, Here!

Lees Job 24:1-8.

“Waarom stel die Almagtige nie tye vas vir afrekening nie? Waarom moet dié wat Hom ken, tevergeefs uitsien na sulke dae?” (v 1).

Job se loodswaar vrae rem ons af. Juis hier. Juis omdat dit nie eintlik vrae is nie; eerder beskuldigings. En dan nie teen sy wysneusige vriende nie, nie teen die noodlot nie. Nie teen die Bose nie. Sy beskuldigende vinger wys reguit na God: Hoekom tree U nie op teen onreg nie, Here! En dan noem hy voorbeelde wat steeds vir ons, eeue later, woedend het.

Ja, die straffeloosheid waarmee boosdoeners oënskynlik gereeld wegkom, is ’n onderwerp wat gelowiges van altyd af warm onder die kraag het. Die kansvatters, die korruptes, dié wat van armes steel. Ons sal instemmend na Job luister, stilweg dankbaar dat hý die moed het om die Here hieroor trompop te loop. Want ons is kwaad! Vat hulle vas, Here! Maak ’n einde aan hul verwaandheid, die uitbuiting, hul mishandeling van die weerloosstes. Sê net, Here, sê net U sien dit alles raak! Sê ons wanneer U beplan om in te gryp.

Of U dit ooit sal doen …

Só woed ons voort. So vereenselwig ons ons volledig met die stem waarmee Job praat. Totdat ons by die pynlike besonderhede kom waarmee hy die armes se ellende beskryf: die dierekos wat hulle noodgedwonge eet, die uitskot waarvan hulle lewe, die gebrek aan klere en skuiling (v 6-8).

Nou strek dit verder as die gevolge van bose gedrag. Nou kom dit nader aan ons – die gelowiges, die potensiële barmhartiges – en dit laat ons ineenkrimp. Nou raak dit ons persoonlik, en dit is ongemaklik, ongemáklik …

Want dit kruip in ons sak in, daar waar die beursie so krampagtig gebêre word. Eensklaps wys Job se vinger na mý.

Dankie, Here, vir wat U aan my gee. Wat vra U van my?

Barend Vos

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.