Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Teorie en praktyk

Lees 2 Timoteus 1:13-18.

Wat aan jou toevertrou is, is goed. Bewaar dit deur die Heilige Gees … Soos jy weet, het almal in die provinsie Asië my in die steek gelaat (v 14-15).

Paulus skryf nogmaals aan sy geliefde leerling Timoteus. Dit is ook hierdie keer ’n persoonlike brief vol waarhede en raad, asook verskeie vermeldings oor hul onderskeie persoonlike omstandighede. Dit is veral by laasgenoemde dat die latere leser kennis neem van die skrywer se dankbaarheid én seerkry.

In hierdie klompie verse bevestig Paulus die waarde van die teologiese insigte wat hy aan Timoteus oorgedra het. Hy vra mooi dat die jong man dit ter harte sal neem en navolg. Dat hy dit, in die krag van die Gees, goed sal oppas.

Die koestering van die goeie geloof is van groot belang, veral in ’n tyd dat dié geloof van vele kante onder druk kom. Maar dit is onontbeerlik vir wanneer ons ’n betekenisvolle lewe as Jesusnavolgers wil lei.

Hoe anders sal ons weet waarom ons nie ons medemens in die steek mag laat nie? Vanuit watter ander denkraamwerk sal ons volhou met ons goeie dade? Is dit nie juis die geloof en liefde in Christus (v 13) wat ten grondslag lê aan ons goeie werke nie?

Waarom sou Figelus en Hermogenes Paulus in die steek gelaat het? (v 15). En om welke rede sou Onesiforus volgehou het om Paulus op te beur en die moeite gedoen het om uit Efese te kom en Paulus in Rome te kom opsoek?

Ons weet nie hoe ander mense dink nie. Ons weet wel: As die gesonde leer wat aan ons oorgedra is nié in liefde, barmhartigheid en sorg oorgaan nie, is ons sieker as wat ons dink.

Here, leer my hoe om te glo en hoe om te lewe. Moenie moed opgee nie!

Barend Vos

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.