Boodskap vir Vandag

Search

Tekens

Lees Jesaja 7:10-16.

“Die Here sal daarom self vir julle ’n teken gee: ’n Jong vrou sal swanger word en ’n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem” (v 14).

Ons wil seker wees. Daarom hou ons die lug dop, of die grond, of ander mense se hande. Daarom hang ons leiers se woorde aan en voorspellers se wyshede. Sommige, juis gelowiges, bid daaroor en sê: Here, gee ons ’n teken! Wýs ons!

Soms is ons nie met een teken tevrede nie. Dan vra ons soos Abram (Gen 15:2-8), soos Moses (Eks 4:1-17), soos Gideon (Rig 6:36-40): Nóg ene, Here! Ons wil tog nie ’n fout maak nie, ons wil U nie verkeerd verstaan nie. Ons is bang, ons wil doodseker wees.

Wie verstaan dit nie, hierdie aandrang op ’n teken? En as dit kan, meer as een? Want wie van ons was nie al die slagoffer van ons eie voortvarendheid nie?

Vra maar gerus ’n teken, Godskind! Kyk dan net mooi: Dit is nie noodwendig so ver soos sterre in die lug (Abram) of so skrikwekkend soos slange wat seil (Moses) of so vreemd soos dou op ’n stuk wol (Gideon) nie. Dit is dikwels doodnatuurlik, soos ’n jong vrou wat swanger word.

Van haar gepraat: Let op die buitengewone naam wat sy haar kind gee: Immanuel. Dit beteken, só sê ’n voetnoot in die Afrikaanse Bybel, “God is by ons”. Ons weet dit reeds: Al hierdie dinge het die engel mos later vir Maria van Nasaret gesê. En ’n Evangelieskrywer het dit bevestig (Matt 1:21-23).

Dit is die ding met die tekens wat van God kom: Dit wys Hy hoor altyd sy kinders se sugte op kort afstand. Hierdie tekens sê op meer as een manier: God is by ons.

Ek weet dit alles, Here. Ek wag nou op die groot fees van God-is-by-ons. Ek wil sing!

Barend Vos

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.