Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Wie is soos God?

Lees Miga 7:18.

Wie is ’n God soos U? ( v 18).

Dié vraag waarmee Miga sy profetiese boek afsluit, is ’n vraag waarmee elke Christen net kan saamstem en waaroor elke gelowige vandag nog kan juig en jubel. God vergeef sonde. Dit beteken dat Hy dit ook vergeet omdat Hy dit in die diepsee gooi en nie weer daaraan terugdink nie (v 19). Anders as ons wat so sukkel om die slegte dinge te vergeet wat ander mense ons aangedoen het, vergeef en vergeet God. Hy ly aan geheueverlies as dit by verkeerde dinge kom wat voor Hom bely is. Daarom straf Hy nie mense wat hulle skuld in die Naam van Christus aan sy voete kom neersit het nie. Hy hou dit nie langer teen hulle nie.

God dink nooit weer aan ons sondes terug nie. Wat ’n ongelooflike troos! Daarom jubel ons nogeens saam met Miga dat daar regtig nie nog ’n God soos ons God is nie. Die dooie gode van die nasies se priesters onthou sondes vir altyd en straf en pynig mense. Hulle onthou om swaar laste op hulle volgelinge se skouers te lê en mense gedurig in vrees voor hulle dooie afgodsbeelde te laat leef. Maar die lewende God is die God wat liefde bewys. Hy strooi hande vol genade uit (v 18-19). En Hy maak sonde tot niet deur dit te laat ophou. Hy self gryp in die lewe van almal wat Hom dien. Hy self gooi hulle sondes in die diepsee en dink nooit weer daaraan terug nie. Juig hieroor en leef!

Here Jesus, ek jubel omdat U sonde my vergeef en vergeet.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.