Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Wees stil voor God

Lees Openbaring 9.

Ek het ’n stem tussen die vier horings van die goue altaar voor God gehoor (v 13).

Ooreenstemming met die tiende plaag in Egipte is vanaf vers 13 voor die hand liggend. Johannes gebruik die verhaal van die dood van alle eersgebore Egiptenaars (Eks 11-12) as die raamwerk waarbinne hierdie visioen gegiet word. Kyk weer na vers 13 en vergelyk dit met wat ons in Openbaring 1–8 gelees het: voor die troon waar gebede opstyg (8:3-5), en naby die altaar (6:9‑11) praat God.

In vers 14 lees ons van die Eufraat: Dit was natuurlik die “oergrens” tussen die Romeine en alle barbare. Vroeër het die Israeliete dit ook as die grens tussen hulle en die heidense volke beskou. Ons lees nou hoe engele wat hierdie grens tussen orde en chaos patrolleer, losgemaak word om die ongelowige wêreld te teister. ’n Derde van die mense sterf wanneer die engele in vers 15 hulle oordele begin voltrek. Hier loop genade en straf steeds hand aan hand, want weer word nie alle mense vernietig nie.

Vers 17-19 is onheilspellend. Ons het hier ’n opeenstapeling van onreinheid. Alle denkbare vorme van goddeloosheid word saamgevoeg in die sataniese drogbeelde wat beskryf word. Tog, ten spyte van die skrikwekkende beelde wat die wêreld teister, sê vers 20-21 dat daar geen bekering is nie. Mense luister eenvoudig nie. Sonde neem steeds toe! Moet dus nie jou hoop op die wêreld vestig om ’n beter plek te word nie. Dit sal nie. Vestig jou hoop op God.

Lei u kinders in hierdie gevaarlike tyd, drie-enige Here.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.