Boodskap vir Vandag

Search

Wees goed vir mekaar

Lees Rut 2:1-13.

Mag die Here jou beloon vir wat jy gedoen het” (v 12).

’n Vrou het op ’n keer ’n boom in die hoek van haar tuin geplant. Maar dit wou nie vrugte dra nie. Later het sy besluit om dit af te kap. Toe haar buurman sien wat sy doen, vra hy hoekom sy dit doen. “Dit dra geen vrugte nie,” sê sy.

“Nee, jy’s verkeerd, kyk net al die vrugte aan die takke wat oorhang aan my kant van die muur,” sê die buurman. Toe die vrou oor die muur loer, sien sy dat dit regtig so is.

Ons moet besef dat die lewe nie net om onsself en ons eie geluk draai nie. Ons moet ophou vra wat ander mense vir ons kan doen en ’n slag begin vra wat ons vir ander kan beteken. Soos Boas, moet ons toelaat dat mense op ons voorstoep genade en brood vind. Selfs al sien ons nie die resultate van ons pogings aan hierdie kant van die graf nie, moet ons elke dag goeddoen aan ander. Kyk net wat het Boas se goeie dade hom op die ou end in die sak gebring: ’n nuwe vrou en ’n seun uit wie koning Dawid later gebore is!

Mense wat agter God aanstap, leef tot voordeel van hulle bure, kollegas, vriende en die kerk. Laat jou lewe dan ook hierdie week ’n ryk en goeie oes oplewer. Laat ander mense voordeel put uit hulle kontak met jou!

Christus, laat my vrugte dra vir ander.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.