Boodskap vir Vandag

Search

Versigtig, versigtig!

Lees Spreuke 14:15.

’n Verstandige mens oorweeg elke tree wat hy gee (v 15).

Versigtigheid is die wagwoord van wyse mense. Dwase mense is voortvarend. Hulle praat maklik en doen oorhaastig sekere dinge, maar hulle deurdink nie die gevolge van hulle dade voor die tyd nie. Daarom dat hulle dwase dinge aanvang.

As jy ’n student in die Here se skool van wysheid is, is elke tree wat jy gee ’n deurdagte een. Jy weet immers dat jy op die Here se pad stap. Op jou skouers rus die dure plig om wys en opreg te wees. Jy moet ’n voltydse advertensie wees van die Here se nuutmakende krag en goedheid. Jy moet sy liefde en genade weerkaats in alles wat jy sê, dink en doen. Daarom dink jy mooi voordat jy iets doen. Daarom oorweeg jy al jou opsies versigtig voordat jy optree, want dit is wat wysheid van jou vra. Dit is wat die Here van jou verwag.

Luister versigtig na wat ander sê. Moenie te gou reageer met ’n ondeurdagte opinie nie. Dink eers rustig na oor alles wat gesê is. Kies jou woorde met oorleg. Loop versigtig, anders trap jy in die strikke van die dwase. Moenie dwaas wees nie, want jy is die Here se spesiale eiendom. Daarom leef jy wys.

Here, dankie dat U my leer om versigtig te leef!

Stephan Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.