Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Jy skuld ander mense eerlikheid

Lees Spreuke 28:23.

Wie iemand teregwys, kry eerder agterna dank as wat ’n vleier dit kry (v  23).

Christelike woorde in jou daaglikse woordeskat is goed, maar nie genoeg nie. Soms moet jy maar eenkant reguit vir iemand sê dat hy of sy die pad byster is. Ons moet mense vermaan dat as hulle God se genade onder hulle voete vertrap, hulle met vuur speel. Kyk maar na Esegiël 18 waar die Here ons waarsku dat ander se bloed op ons hande is as ons nie met hulle praat oor hulle verkeerde lewe nie. Moet dus nie stilbly as mense oop oë die doderyk binnestorm nie. Ruk hulle uit die vuur met deernisvolle woorde. Pleit by hulle om te dink voordat dit te laat is. Waarsku hulle dat hulle met vuur speel omdat hulle nie na God luister nie – letterlik!

Soms is mense dikmond wanneer jy hulle aanspreek oor iets wat verkeerd is in hulle lewe. Maar na die tyd besef baie van hulle dat jy eintlik reg was. Dan is hulle verskriklik dankbaar, want jou eerlike woorde het hulle uit die strikke van die dood geruk.

Gaan praat dus as jy verkeerde dinge raaksien. Jy hoef nie lelik of ongeskik te wees nie, net opreg en eerlik.

Help my, Here, om ander te waarsku wat u genade vertrap.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.