Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Verwonder jou oor die misterie van die lewe

Lees Spreuke 30:24-28.

Daar is vier goed in die wêreld wat klein is maar buitengewone wysheid het (v 24).

Om wys te wees beteken nie jy het al die antwoorde in pag nie. Wysheid beteken juis dat jy al hoe meer in verwondering staan voor die misterie van die lewe. Wysheid maak jou nie net nederig in die teenwoordigheid van God en ander mense nie, maar ook wanneer jy die grootsheid en ondeurgrondelikheid van God se fantastiese skepping beskou. Dan besef jy hoe klein en onbenullig jy eintlik is.

Hoe verder jy vorder op die pad van wysheid, hoe meer moet jy stil word voor God. Jy moet jou verwonder aan die klein miertjies wat hard werk en nooit gebrek ly nie. Jou mond moet oophang van verbasing oor oënskynlik leierlose sprinkane wat in perfekte formasies kan vlieg en oor klein geitjies dit selfs kan waag tot in konings se paleise. Verstommend! Ongelooflik! Onverklaarbaar!

Wyse mense verstom hulle aan die besonderhede waarmee God sy skepping aanmekaarsit. Hulle probeer nie om slim antwoorde op al die vrae van die lewe te hê nie. Hulle buig slegs in stille verwondering voor die groot God wat hemel en aarde so mooi gemaak het en in stand hou!

Here, u ondeurgrondelike skepping is asemrowend mooi. Ek loof U hiervoor.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.