Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Waag dit by God in gebed

Lees Jeremia 14:1-22.

Waarom het U ons getref sonder dat iemand ons genees? (v 19).

Jeremia is hier in ’n lang tweegesprek met God gewikkel. Hy pleit dat God sy volk tog nie moet verlaat nie. Al het hulle gesondig, is hulle tog steeds God se eiendom (v 7-9).

God se aanvanklike reaksie is om rekenskap van sy mense te eis. Daarom moet Jeremia nie eens probeer om vir hulle te bid nie. God sal nie luister nie; ook nie as hulle self begin bid of offers bring nie (v 10-12).

Jeremia tree toe vir die volk in die bres en sê dat die hartseer onder sy volk die skuld is van vals profete wat voorspoed verkondig in plaas van straf. En God antwoord dat daar bitter swaar dae voorlê vir elke vals profeet (v 13-17).

Dit het vir Jeremia gevoel asof die Here sy mense heeltemal vergeet het. Daarom bely hy sy volk en sy voorvaders se skuld onvoorwaardelik voor die Here. Hy beroep hom op God se Naam, op sy tempel in Jerusalem en op sy verbond wanneer hy pleit dat die Here sy mense nooit deur sy vingers moet laat val nie (v 19-22).

Waag dit vandag ook by God. Praat padlangs, maar vol respek, met Hom oor wat op jou hart lê. Hy hoor en verhoor. Hy luister en bied uitkoms. Vertrou op God met alles in jou.

Here, hoor as ek vandag na U roep.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.