Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Wees stil voor God

Lees Habakuk 2:20.

Die Here is in sy heilige tempel; almal op aarde moet in sy teenwoordigheid stil wees!” (v 20).

Sondaars dink dat hulle kan wegkom met hulle booshede. Dit is ’n fout. God is in beheer van sake. Hy weet van alles wat gebeur. Daarom neem Hy in Habakuk se tyd kennis van al die slegte dinge. In hoofstuk 2 word dit uitgebeeld deur vyf uitroepe wat begin met die woorde: “Ellende wag vir hom wat …” (v 6, 9, 12, 15, 19). Op wie wag hierdie ellende? Dit wag op mense wat ander se besittings steel en hulleself verryk. Ellende wag ook op mense wat moord pleeg; wat ander dronk maak om hulle seksueel uit te buit en wat op afgode vertrou. Hierdie mense se straf staan vas. God het kennis geneem van alles wat hulle aanvang. Niks hiervan het sy aandag ontglip nie.

Habakuk 2 sluit af met die woorde dat God in sy heilige tempel is. Hy is aan diens. Hy sluimer of slaap nie. God is ook nie besig met meer belangrike dinge nie. Nee, Hy neem haarfyn kennis van alles wat gebeur. Elke daad, elke woord trek sy aandag. Daarom dat daar ellende wag op alle goddeloses. Hulle sal nie vir altyd wegkom met hulle bose planne nie. God sê so. Die enigste regte reaksie op sy teenwoordigheid is om stil te wees voor Hom. God is op soek na stil mense wat so nederig en klein voor Hom is dat hulle minder praat en meer luister, sodat hulle God se stem helder en duidelik kan hoor!

Lei u kinders tot stilte voor U, drie-enige Here.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.