Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Gebede verander die wêreld

Lees Openbaring 8:5.

Toe het die engel die wierookbak geneem, dit met die vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde uitgegooi (v  5).

’n Halfuur van stilte breek aan in die hemel as die sewende seël deur die Lam oopgemaak word. Ons is nie seker wat Johannes met hierdie stilte bedoel nie. Moontlik is dit ’n spanningsmoment wat ons in afwagting laat vra wat gaan volg. Of dis dalk net die stilte aan die einde van die hemelse erediens wat vanaf Openbaring 4:8 tot hier strek.

In vers 2 lees ons van sewe engele: Die Jode het geglo dis God se sewe aartsengele wat aan die stuur van die engelemagte staan, met die engel Migael as hulle aanvoerder.

Vers 3 vertel weer van die goue wierookbak wat ons ook vroeër in Openbaring 5 raakloop as simbool van al die gebede van die aardse kerk. ’n Voorbiddingsengel bring hier in hoofstuk 8 die gebede van alle heiliges na God toe. God “ruik” ons gebede as die wierook saam met die gebede van die gelowiges tot voor God opstyg. Meer nog, vers 5 vertel van ons gebede se effek. God se oordele word vanuit die wierookbak op die aarde omgekeer! Hy verhoor dus ons gebede op ’n konkrete manier!

Moenie moedeloos word nie. Sorg dat jou gebede keer op keer in die hemelse wierookbak is. Hou aan met bid. God hoor. Hy gebruik ook jou gebede om die wêreld te verander.

Here, hoor as ek bid. Ruik my gebede!

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.