Boodskap vir Vandag

Search

Gebed bring ook insig vir ander

Lees Efesiërs 3:18.

Mag julle in staat wees om … te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek (v 18).

Gebed is een van die belangrikste boustene van die geloof. Deur gebed tree die aarde met die hemel in verbinding. Hemel en aarde vat hande wanneer mense op hulle knieë voor God stelling inneem. Altans, so is dit veronderstel om te wees. Maar o wee, baie gebede het net dooie roetine geword. Ons bid voor ete omdat ons moet. Party skole open Maandagoggende met gebed omdat dit tradisie is, en baie funksies en byeenkomste word met Skriflesing en gebed geopen. Maar ná die tyd kan die meeste van ons nie eens onthou dat daar gebid is nie, wat nog te sê waaroor die bidders gebid het.

Gebed is nie resitasies nie. Dit is ook nie dooie rituele nie. Nee, gebed is ’n gesprek met die lewende God. Dit is om met God te praat en te bly praat. Gebed is om sy Naam te eer. Dit is om die nood van ander voor sy voete uit te stort. Ja, gebed bid ander se oë oop, soos wat Paulus hier doen.

Paulus bid dat gelowiges se blinde oë sal begin oopgaan. Hy bid dat ons almal sal besef hoe ver Christus se liefde strek. Dit is so wyd dat ons nooit daarom kan stap nie. Dit is so hoog dat ons nie bokant sy liefde met ’n vliegtuig of ’n ruimteskip kan uitvlieg nie. Dit is so diep dat nie eens die diepste duikboot daaronder kan deurvaar nie. Mag Paulus se gebed vir jou vandag verhoor word. Mag jy iets van hierdie liefde van Christus in jou eie lewe ervaar.

Jesus, laat mense die omvang van u liefde verstaan.

Stephan Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.