Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Maak gebed elke dag jou stuurwiel

Lees 1 Samuel 15:1-35.

“Omdat jy die woord van die Here verwerp het, het Hy jou as koning verwerp” (v 23).

Party mense dink godsdiens is speletjies. Hulle dien God wanneer hulle wil en soos hulle wil. Leer vandag by Saul dat God dit nie duld dat mense Hom dien soos dit hulle pas nie.

Saul het baie kanse deur sy vingers laat glip om God reg te dien. Keer op keer het hy die reg in sy eie hande geneem, soos daardie dag toe hy self ’n offerande aan die Here gebring het terwyl hy gewag het vir Samuel (13:1-4). Later het Saul weer so iets aangevang toe hy God self probeer raadpleeg het (14:35-38). Hierdie optrede, en nog baie ander verkeerde dinge, het die Here baie ontstel. Daarom dat Samuel op ’n dag vir Saul moes gaan sê God het genoeg gehad. Saul se koningskap was oor en verby. Saul het hom morsdood geskrik en gedink hy kan alles weer regstel met ’n vinnige gebedjie van Samuel se kant af. Maar hierdie keer was Samuel nie bereid om vir Saul te bid nie. Samuel het geweet dat gebed nie net ’n noodwiel is nie.

Moenie soos Saul maak nie. Dien God opreg. Bid elke dag, dan sal God hoor as jy Hom in donker dae aanroep. Dan sal Hy jou nie verlaat nie.

Here, laat my gebede die anker van my lewe wees.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.