Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Bid – dit werk

Lees Amos 7:2.

“Here my God, vergewe tog vir Jakob! Hoe sal hy staande bly?” (v 2).

Gebed werk! Amos sien in hoofstuk 7-9 ’n aantal gesigte waarin die Here vir hom wys watter straf Hy oor die land gaan loslaat. In die eerste gesig wys die Here vir hom dat Hy ’n sprinkaanplaag gaan stuur, wat al die groenigheid gaan afvreet. Die gesig is so skrikwekkend dat Amos dadelik begin bid en die Here smeek om af te sien van sy planne. Amos herinner die Here daaraan dat sy volk, Jakob, maar klein en swak is en nie sal staande bly as Hy die sprinkaanplaag oor hulle loslaat nie.

Die goeie nuus is dat Amos se pleitrede nie op dowe ore val nie. God luister. Hy hoor wanneer sy kinders bid en intree vir ander. Hy hoor wanneer hulle volgens sy wil bid en smeek om genade. Daarom het God van plan verander en nie die sprinkaanplaag gestuur nie.

God kan van plan verander. Hy hoor wanneer sy kinders bid en Hy gee ag op hulle roepstem, want Hy is die God van liefde en redding. Hy vernietig nie. Dis hoekom Hy sy plan verander het toe sy dienaar, Amos, dringend by Hom om genade kom smeek het. Doen dieselfde as Amos. Tree in vir ander.

Here, hoor wanneer ek vir ander mense by U intree.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.