Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Die antwoord kom gouer as wat jy dink

Lees Daniël 9:23.

“Toe jy met jou smeekgebed begin het, is daar ’n antwoord gegee, en ek het gekom om dit vir jou te vertel” (v 23).

Daniël het skaars met sy innige gebed begin, of die Here het reeds geantwoord. Ongelooflik! Maar dit is hoe God is. Indien ons binne sy wil bid, antwoord Hy wanneer ons nog maar net begin bid. Gebed volgens God se wil is om vir ander in die bres te tree. Dit is om God se aangesig te soek en sy vergifnis oor ander af te smeek. In die taal van die Nuwe Testament gesê: Dit is om ernstig te vra dat Jesus Christus die oortredings van mense sal vergewe.

Skaars het Daniël klaar gebid, of die engel Gabriël daag by hom op met ’n hemelse antwoord. Die engele van God is immers ook sy boodskappers wat die hemelse nuus vertel dat God gehoor en verhoor het. Daarom begin die engel dadelik die visioen vir Daniël uitlê.

God hoor en beantwoord elke gebed. Hy is nooit besig met belangriker dinge as ons bid nie. Inteendeel. Wanneer ons in Jesus se Naam bid, luister Hy. Dan staan Hy reg om te hoor en te verhoor. God is nie doof nie. Dit is maar net ek en jy wat te lui is om volhardend te bid.

Here, luister tog as ek in u Seun se Naam pleit en bid.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.