Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Wees oop vir die regte vernuwing

Lees 1 Kronieke 25:1-31.

Hulle is vir diens geloot volgens die reël dat oud en jonk gelyk is, of hy nou al opgelei of leerling was (v 8).

Die uitdagings aan die kerk vandag is om relevant te wees. So nie, is doodloopstrate die kerk se voorland, met ons mooi tradisies en al! En dis nie ydel praatjies nie. Kyk maar na die jongste statistiek van die gevestigde kerke in ons land, dan sien jy dat kerke besig is om leeg te loop. As dit nie ’n wekroep is nie, weet ek darem nie!

Op grondvlak vind daar groei steeds plaas binne geloofsgemeenskappe met ’n vaste identiteit, wat gewortel is in Christus as die opgestane Here en wat ’n openheid het vir die voortgaande werk van die Heilige Gees. Daar is geen langtermynhoop vir kerke wat die bonatuurlike aspekte van die Bybel oorboord gooi nie. In gewone taal gesê: As ons aanhou doen wat ons tot dusver in die kerk gedoen het, gaan ons steeds kry wat ons in die afgelope paar jaar gekry het – krimpende kerke! Aanpasbaarheid, kreatiwiteit en openheid vir God se nuutste werke is vandag die regte wagwoorde­.

Neem maar die tempelsangers in die tempel hier in 1 Kronieke 25. Anders as die algemene beginsel in daardie tyd (dat ouderdom belangriker as jeug is), is besluit dat jonk en oud gelyk is wanneer dit by godsdiens kom. Praat van vernuwing! Gaan leer by Dawid en pas aan!

Here Jesus, leer my om aanpasbaar te wees.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.