Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Lewende presente vir die kerk

Lees Efesiërs 4:11.

En dit is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars (v  11).

As deel van Jesus se magtige oorwinningsoptog in die hemel deel Hy ook geskenke aan sy kerk hier op aarde uit. Gelukkig gee Jesus nie dooie dinge aan ons soos kerkgeboue, geld of rekenaars nie. Nee, Jesus se geskenke is lewende mense. Hy deel gawes aan sy kerk uit wat in staat is om sy wil aan ons almal mee te deel. Kyk net: Hy gee sy apostels aan ons. Hulle was die twaalf manne saam met Paulus wat Jesus se openbaring aan die kerk van alle eeue kom meedeel het. Omdat hulle ooggetuies van sy optrede en sy opstanding was, kon hulle instaan vir die waarheid van die evangelie­. Verder gee Jesus ook aan ons profete wat God se wil bekendmaak. Profete is nie toekomsvoorspellers soos wat baie mense vandag dink nie. Nee, profete is mense wat op die brug tussen God en ander staan. Hulle hoor wat God se wil is en maak dit dan aan ander bekend. Wanneer die dominee of die pastoor Sondag op die kansel staan, is hy God se profetiese stem. Wanneer jy ’n Bybelstudiegroep of die kategese lei, tree jy ook as profeet op wat God se wil bekendmaak.

Christus gee ook evangeliste, kerkleiers en leraars om te sorg dat die kerk op koers bly. Kom ons sê vir Hom dankie vir al ons kerkleiers. Kom ons hou op om hulle so maklik te kritiseer en begin eerder bid vir hulle. En kom ons volg ook hulle leiding na.

Christus, dankie vir lewende presente aan ons kerk.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.