Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Gebruik jou gawes reg

Lees 1 Petrus 4:11.

As iemand die gawe ontvang het om te preek, moet God deur hom aan die woord kom . … . (v 11).

In enige spansport soos rugby, netbal of krieket het spelers mekaar nodig. Elke speler moet sy of haar kant bring. Dieselfde beginsel geld vir gelowiges, want Christenskap is ook ’n “spansport”. Christene is deel van God se splinternuwe familie hier op aarde. Ons almal saam vorm die liggaam van Christus, maar elkeen het verskillende genadegawes van die Here ontvang om mekaar mee te dien. Daarom het ons mekaar nodig. Nie een van ons kan sonder die ander klaarkom nie. Ons het elkeen ’n bepaalde plekkie gekry wat ons hier op aarde vir die Here moet vol staan.

Ons kan nie alles alleen vir die Here doen nie. Almal kan nie preek, onderrig of leiding neem nie. Party van ons kan wel een of twee van hierdie dinge doen. Dan moet ons dit met oorgawe doen tot voordeel van mekaar. Ons moet ons gawes tot eer van God gebruik en ons moet mekaar met ons verskillende hemelse gawes dien. Ons moet mekaar se geloof opbou. Eers wanneer ons mekaar se geloof op verskillende maniere versterk en mekaar help om die Here se weg te volg, word Christenskap regtig ’n “spansport”. Dan maak dit op die regte plekke ’n verskil.

Here, dankie dat U u kinders oorlaai met gawes. Laat ons dit tot voordeel van mekaar gebruik.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.