Boodskap vir Vandag

Search

Getuieniskrag verander die wêreld

Lees Handelinge 9:32-35.

“Jesus Christus maak jou gesond” (v 34).

Uit Paulus se briewe en Handelinge kry ons ’n duidelike beeld van die reise wat hy onderneem het om die evangelie te verkondig. Ons weet egter nie te veel van Petrus se sendingreise nie. Daar is wel verwysings dat hy ver buite Jerusalem se grense oor Jesus gepreek het. In Handelinge 9 tref ons hom in die omgewing van Joppe aan. Vroeër was hy in Samaria (Hand 8). Ons lei af dat Petrus later ook in Korinte was aangesien Paulus in 1 Korintiërs 1 verwys na sommige mense wat vertel hulle is deel van Sefas (Petrus se Joodse naam) se groep. In Galasiërs 2 verneem ons dat Petrus ook in die stad Antiogië opgetree het. Uiteindelik hoor ons in 1 Petrus 5 dat hy in Rome is, oftewel Babilon, soos die Christene na die hoofstad van die Romeinse Ryk verwys het.

Petrus se reise het daartoe bygedra dat die evangelie in ’n kort tyd oor die hele wêreld van daardie tyd versprei het. Met groot krag het Petrus die lewende Heer verkondig. Siekes het gesond geword en dooies het lewend geword in sy teenwoordigheid. Petrus was ’n kanaal waardeur hemelse krag gevloei het. Volg in sy voet­spore. Laat die Gees van God se krag in al jou doen en late aanwesig wees.

Here, dankie dat die evangelie vandag nog wêreldwyd weerklink.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.