Boodskap vir Vandag

Search

Wys jy heiligheid?

Lees Deuteronomium 11:1-32.

“Julle moet die Here julle God liefhê en altyd sy opdragte gehoorsaam” (v 1).

Hoe heilig is jy? Ek waag dit om namens jou te antwoord: “Nee, ek maak dit nie. Gaan vra eerder daardie toegewyde sendelinge en predikers. Hulle is heilig, nie ek nie.” Hoor hier, jy is verkeerd. Jy bely immers dat Jesus die Hoof en Heer van jou lewe is! Dan is jy heilig. Paulus sê so. Hy begin immers elke brief van hom aan gelowiges met die woorde: “Geroepe heiliges van God!” Dis hoe die Here se mense bekend staan – heiliges! Ook in Deuteronomium hoor ons keer op keer dat ons toegewy aan God moet leef. Ons moet Hom liefhê deur sy gebooie te gehoorsaam. Ons moet heilig leef soos God van ons verwag.

Om heilig te wees dui nie in die eerste plek op jou manier van leef nie, maar op jou status. Anders gesê, God spreek al sy kinders aan met ’n eretitel: heilige! Let wel, Hy noem al sy kinders so, selfs ook daardie kinders van Hom wat drooggemaak het. God verwag egter van alle heiliges om elke dag ook heilig te leef. Derduisende tekste in die Bybel sê presies net dit. Omdat God heilig is, moet ons heilig wees. Ons moet soos Hy wees, doen en dink. Ons moet heilig wees op God se voorwaardes.

Hoe heilig is jy? As jy jou heiligheid wil opgradeer en jou leefstyl in pas wil kry met God se wil, moet jy Deuteronomium 11 jou eie maak. Hier leer jy hoe daaglikse heiligheid in aksie lyk.

Laat my heilig leef. In Jesus se Naam.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.