Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Op verrassende maniere ontdek jy die Waarheid

Lees Johannes 21:1-7.

Die dissipel vir wie Jesus baie lief was, sê toe vir Petrus: “Dit is die Here!” (v  7).

’n Mens loop die Here nie net Sondae in die kerk raak nie. Trouens, as jy die statistieke lees, kom net sowat 7% mense in kerkdienste tot bekering. Die meeste ander loop die Here buite die kerkdeure raak. Dieselfde gebeur ook hier in Galilea.

Petrus-hulle is besig om vis te vang toe Jesus daar opdaag. Hulle herken Hom nie, totdat Hy vir hulle sê om die visnette aan die ander kant in te gooi en hulle boot skielik oorloop van vis. Eers toe besef Petrus dat dit Jesus, die Here, is.

Moet Jesus nie net Sondae in die kerk verwag nie. Hy is op die mees onverwagte plekke en in doodgewone oomblikke aanwesig. Hy verskyn op jou voorstoep wanneer jy Hom die minste verwag – langs die viswaters, by die werk, langs die rugbyveld, by ’n siekbed. Ja, Jesus is nie toegesluit of vasgevang in ons kerkgeboue nie. Hy beweeg in sy wêreld rond met een doel voor oë: om mense te ontmoet, aan te raak en hulle lewe vir altyd te verander. Dit is sy voltydse missie. Daarom verskaf dit Hom groot vreugde wanneer Petrus-hulle se oë langs die viswaters oopgaan, en wanneer twyfelaars Hom vandag nog onverwags ontmoet en in Hom begin glo.

Here Jesus, wees vandag in die lewe van iemand wat U nodig het. Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.