Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Doen elke dag goed aan ander

Lees Markus 3:1-6.

“Mag ’n mens op die Sabbatdag goed doen of kwaad doen …?” (v  4).

Die sabbat was die heiligste dag vir die Jode. Van Vrydagaand met sononder tot Saterdagaand met sononder kon mense amper nie asemhaal nie, so streng moes hulle al die reëls van hulle godsdienstige leiers rondom die viering van die sabbat onderhou.

Jesus het Hom egter nie veel hieraan gesteur nie. Hy was sommer al vroeg-vroeg in die moeilikheid toe Hy sy dissipels laat koringare pluk het op ’n Sabbatdag. Om alles te kroon het Hy boonop ’n man se gebreklike hand op hierdie heilige dag genees. Toe was die gort gaar. Vir mense wie se godsdiens net uit reëls bestaan, is daar immers nie veel genade met sabbatoortreders en met siekes nie. Daarom was hierdie “godsdienstiges” briesend kwaad vir Jesus.

Jesus het egter verby al hierdie mensgemaakte reëls gekyk. Wat vir Hom belangrik was, was om stukkende mense se lewe heel te maak, al was dit ook op ’n Sabbatdag. Die godsdienstiges se woede het Hom nie gekeer om elke dag goed te doen aan ander nie. Hy is immers ook Here oor die sabbat (Mark 2:28). Volg in sy voetspore en gebruik elke kans wat jy kry om mense in nood te help.

Jesus, laat my lig elke dag skyn vir ander mense.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.