Boodskap vir Vandag

Search

Dra ander se laste

Lees Levitikus 8:30.

So het Moses vir Aäron en sy seuns en hulle klere aan die Here gewy ( v 30).

Die Here het leiers vir sy aardse diens nodig. In die Ou Testament was dit die werk van priesters om leiding te neem by die offerkultus. Hulle moes toesien dat alles reg verloop tydens die offers. Aäron en sy seuns moes aanvanklik hierdie funksie vervul. Maar eers moes hulle behoorlik aan die Here gewy word.

Mense wat in die Here se diens staan, is afgesonder. Hulle is geroep tot spesiale take. Dit beteken nie dat hulle belangriker of meer vernaam as ander gelowiges is nie. So is daar geestelike leiers wat die roeping het om God se wil op ’n profetiese manier vanuit die Woord en onder leiding van die Gees bekend te maak. Dan is daar ook leiers wat ander moet oplei om op die Here se pad te stap, of om ander te dien.

Ons moet die leiers binne die kerk gereeld in gebed aan ons hemelse Vader opdra. Ons moet bid dat hulle die nodige onderskeidingsvermoë sal ontvang om te weet wat reg is en wat verkeerd. Ook dat hulle die nodige geloofsmoed sal hê om te mag sê: “So sê die Here, Here!” Sonder moedige geloofshelde aan die spits van die kerk, sal die kerk hooploos langs die pad uitsak. Kom ons sonder ons leiers af om te doen waarvoor God hulle geroep het.

Seën ons leiers, Here Jesus.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.