Boodskap vir Vandag

Search

Wees goed vir die swakkes

Lees Levitikus 19:33.

“Wanneer daar ’n vreemdeling by julle in die land woon, mag julle hom nie onderdruk nie” (v  33).

As jy ’n volgeling van Jesus is, kyk jy altyd op na Hom en na ander mense! Dan is jy klein en almal rondom jou groot. Dan is jy onbelangrik en ander baie belangrik, al ken jy hulle van geen kant af nie. Dan is jy ’n voltydse bewonderaar van God se handewerk. Ja, dan sien jy in elke mens met wie jy te doene het iets van God se skeppingswerk. Dan soek jy ’n hemelse genadekolletjie iewers onder al die sondelae van ander. Dan word die respek en agting wat jy jeens daardie mense vertoon die medisyne wat hulle help heelmaak.

Navorsers in die gedragswetenskappe sê dat stukkende mense wat met agting behandel word, genees. Daarom moet ek en jy deel van ’n genesende, helende gemeenskap wees wat ander laat herstel. Ons moet veilige skuilings vir ander wees, nooit leeukuile nie, maar hospitale.

Wees ’n man en vrou wat ander respekteer, veral die swakkes en die weerloses, die weeskinders en vreemdelinge. Bewys respek aan die stukkendstes, die laagstes, die eenvoudigstes, die oudstes, die jongstes, die swakstes, die siekstes, die armstes en die geringstes. Kyk dan wat met hulle en met jou gebeur! Kyk ook hoe jou geloof in die regte rigting groei, want dan doen jy presies wat God van jou vra.

Here, skenk aan my ’n hart vir mense in nood.

Stephan Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.