Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Doen goed; nou dadelik!

Lees Spreuke 3:27-28.

Moenie ’n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom, terwyl dit binne jou mag is om dit te bewys nie (v  27).

Doen goed aan elke mens wat jou pad kruis. So sê Spreuke. Moenie uitstel tot môre as jy vandag kan deernis bewys nie. Moenie huiwer as jy vir iemand anders iets moois kan doen of hulle lewe met ’n bietjie vreugde kan vul nie.

Waarom kom ’n mens nooit daarby uit om die goeie dinge wat jy wil doen, tot uitvoer te bring nie? Hoekom moet baie ander organisasies buite die kerk die taak op hulle skouers neem om vir ander te sorg? Skande! Spreuke roep ons vandag op om ons kant te bring. Môre is heeltemal te laat. Moenie vandag iemand met leë hande huis toe stuur met die belofte dat jy eers môre sal help nie. Dan is jou kans om groot dinge vir die Here te doen straks verby.

Wees vandag ’n naaste vir ander. Moenie wag dat ander jou hulp vra nie. Moenie agteroorsit omdat jy kwansuis nie weet van ander se nood nie. Nee, gaan snuffel dit uit as dit moet. Maar wees daar vir ander. Tree op as een van die Here se wyse mense deur met oop hande en ’n oop hart deur die lewe te gaan. Leef met jou ore teen die grond sodat jy kan hoor en sien waar jy moet goed doen. Gryp elke kans aan om wys te leef.

Here, maak my oë oop vir ander se nood.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.