Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Kies vir die liefde

Lees 1 Korintiërs 7:1-5.

Die man moet sy huweliksplig teenoor sy vrou nakom (v  3).

Paulus sê dat die huwelik die innigste, intiemste verhouding is waarin man en vrou hier op aarde met mekaar kan staan. Geen ander verhouding is so intens, so naby nie. Daarom vra ’n gelukkige huwelik dat twee mense baie tyd aan mekaar afstaan, dat hulle heeltyd saam groei en saam dinge doen. Ongetwyfeld is geloof in die drie-enige God die fondament vir enige gelukkige huwelik. ’n Man en vrou wat saam voor God buig en hulle verhouding op sy Bybelse riglyne bou, is op die regte koers. Sy reëls is glashelder en sy kinders se huwelike is eksklusief, lewenslank, vol liefde. Die sement wat hulle bymekaar hou, is die liefde; Christus se soort liefde. Hierdie liefde, soos die Bybel dit omskryf, is opofferend, beskermend en vol medelye. Dit maak dat ’n Christenman en -vrou heeltyd net oë vir mekaar het in hulle huwelik. Hulle liefde maak van hulle lewenslange kamerade. Liefde laat ’n man en vrou mekaar met deernis op die hande dra. Dit verander hulle huwelik in ’n aardse oase te midde van al die dorre huwelikswoestyne in hulle omgewing.

Ja, enige gelukkige huwelik vra werk, maar dit is nooit ’n straf nie, veral nie as die fondament reg gelê is en die regte soort boumateriaal elke dag gebruik word nie.

Here, oorlaai ons huwelik met die geur van u liefde.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.