Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Wees ’n oophandmens

Lees Deuteronomium 24:17.

“Jy mag nie die regte van ’n vreemdeling of van ’n weeskind van hulle af wegvat nie” (v 17).

Sommige mense se harte is heeltemal leeg. Hulle het niks om te gee nie en is so besig om hulle energie en tyd aan nuttelose dinge te wy dat daar geen diepte in hulle lewe is nie. Jesus het gereeld met sulke mense te doen gekry. Hy beskryf hulle tragiese eindbestemming wanneer Hy in Matteus 10 vra wat dit help as jy die hele wêreld wen, maar jou siel ly skade. Mense wat hulle tyd bestee aan die soeke na erkenning en gewildheid en wat meen dat uiterlike dinge hulle geluk sal waarborg, se siel is morsdood. Mense wat hulle energie vermors op die bou van ’n loopbaan en al die uiterlike dinge wat hiermee gepaardgaan, sit uiteindelik met ’n leë hart as die enigste beloning. Daar is geen diepgaande geluk, geen egte lewensvreugde in hulle hart nie.

Kry die regte hart deur ’n oop hand vir mense rondom jou te hê. Deuteronomium 24 wys vir jou hoe. Dit sê jy moet swak mense raaksien wat deur die lewe eenkant toe gestoot is. Deel jou besittings met diegene wat minder as jy het. Moenie dat daar ooit ’n enkele dag in jou lewe verbygaan waarin jy nalaat om ’n lewende seën vir ander te wees nie. Mense moet jou beleef as die Here se antwoord op hardheid, bitterheid, selfsug en liefdeloosheid. Jy moet vandag die Here se oophandmens wees.

Drie-enige Heer, maak my hande oop vir ander.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.